SA ekonoom gee reaksie op tuimelende rand

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse rand wat tot sy swakste vlak in drie jaar getuimel het. Die rand het meer as 30 sent teenoor die Amerikaanse dollar verloor kort nadat Amerika Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het. Vrese bestaan dat die VSA ekonomiese stappe teen Suid-Afrika sal doen. Bekende ekonoom Dawie Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…