Mufamadi ontken hy het Eskom-korrupsieverslag ontvang

President Cyril Ramaphosa se nasionale sekerheids-raadgewer, Sydney Mufamadi, ontken hy het ʼn verslag oor die beweerde korrupsie by Eskom ontvang om aan Ramaphosa te oorhandig. Hy het voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge getuig nadat Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, gesê het hy het Mufamadi ingelig oor sommige van […]

Read More

Een dood, 15 beseer n missiel-aanval in Dnipro

Die Oekraïnse President Volodymir Zelenski sê minstens een persoon is dood en 15 is beseer in ‘n missiel-aanval op ‘n mediese kliniek in die stad Dnipro in die ooste van die land. Hy sê pogings gaan voort om nog mense uit die kliniek te red. Owerhede het vroeër gesê tien Russiese missiele en meer as […]

Read More

Rugby: Munster kom in Kaapstad aan

Rugby: Munster het in Kaapstad aangekom vir môre se eindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Stormers. Die Ierse provinsiale span wil bitter graag die trofee omhoog hou wat hulle reeds 12 jaar lank ontwyk. Munster vaar uitstekend in wegwedstryde en het met die Stormers, Glasgow Warriors en Leinster afgereken onderweg na die eindstryd. Die […]

Read More

Henry Kissinger word 100

Die deurwinterde oud-Amerikaanse politikus Henry Kissinger word môre ‘n volle eeu oud. Hy was tussen 1969 en 1975 die land se nasionale sekuriteits-adviseur en tussen 1973 en 1977, die minister van buitelandse sake. As politieke kommentator was Kissinger verlede jaar verstom oor die Russiese inval in Oekraïne. Hy het die Russiese President Vladimir Putin al […]

Read More

Werkskepping vir Namibiërs deur Hyphen-projek belowe

Die Namibiese regering het vandag by Staatshuis die mylpaal-ooreenkoms met Hyphen Hydrogen Energy vir die ontwikkeling, implementering en bedryf van die beplande groenwaterstof-projek in die Tsau//Khaeb Nasionale Park onderteken. Die totale projekbelegging van 10 miljard Amerikaanse dollar is ongeveer gelykstaande aan die land se jaarlikse BBP. Obeth Kandjoze, die voorsitter van die Groenwaterstof-raad het die […]

Read More

Esau verwelkom fluitjieblaser se getuienis in hof

Oud-visseryminister Bernhardt Esau se borgtogaansoek duur vandag voort voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof. Die memorandum van verstandhouding wat in Angola vir visvangkwotas onderteken is, is nog onder die loep. Volgens die staat het die vestiging van Nengomar Pesca in die buurland en Nengomar in Namibië die Fishrot-korrupsieskandaal moontlik gemaak. Senior staatsaanklaer Cliff […]

Read More

Drie jagluiperdwelpies in Indië dood

Nog twee van die vier Namibiese jagluiperdwelpies wat in Indië gebore is, is Donderdag dood, twee dae nadat die eerste welpie dood is. Daar is nou net een van die welpies oor. Hulle het glo gevrek weens uiterse weersomstandighede en dehidrasie. Dit is die sesde Namibiese jagluiperd wat in Indië dood is nadat agt na […]

Read More

VSA kondig sanksies teen Wagner-groepleier in Mali aan  

Amerika het sanksies aangekondig teen ‘n Russiese man wat vermoedelik die leier van die Wagner-huursoldategroep se operasie in Mali is. Volgens die Amerikaanse Tesourie is Ivan Maslov ook ‘n sleutelfiguur in Wagner se werksaamhede wêreldwyd. Die Wagner-groep help Mali se militêre regering al vir jare met sy stryd teen verskeie militantegroepe. Amerika voer aan dat […]

Read More

DA verwelkom stabilisering van koalisieregerings  

Die DA het adjunkpresident Paul Mashatile se verbintenis verwelkom, om die daarstelling van wetgewing te steun wat sal fokus op die stabilisering van koalisieregerings. Die adjunkpresident het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en gesê die regering sal binne die volgende paar maande ‘n nasionale dialoog oor koalisies belê, voordat wetgewing opgestel word. Die DA-lid […]

Read More

Onderwys in landelike gebiede het talle uitdagings

Die Namibiese onderwyssektor het groot uitdagings met infrastruktuur, veral in landelike gebiede met ‘n gebrek aan klaskamers en koshuisgeriewe. ‘n Skoolhoof by die Laerskool Vergenoeg in die Kalahari-kiesafdeling in die Omaheke-streek, Kaituara Kazapua, het ‘n beroep gedoen om te help met die ontwikkeling van landelike skole. Sy beklemtoon dat ‘n gebrek aan koshuisgeriewe en vervoer […]

Read More