Strenger wette oor politieke party-befondsing in SA gevra

Burgerlike organisasies in die buurland vra strenger wette oor politieke party-befondsing in Suid-Afrika. My Vote Counts, die Organisasie teen Belastingmisbruik en ander groepe het in ‘n voorlegging aan die Nasionale Teen-Korrupsie-adviesraad kommer uitgespreek oor die doeltreffendheid van die Wet op die Befondsing van Politieke Partye. Hulle beveel aan dat die wet gewysig word om skenkings onwettig te maak wanneer dit gepaard gaan met die verwagting om verkrygingstenders of kontrakte as beloning te ontvang. Rachel Fischer van Outa sê hulle is bekommerd oor drempels vir die openbaarmaking van befondsing.