Twitter dreig dagvaardiging oor Meta se Threads

Twitter dreig om Meta te dagvaar oor sy nuwe Threads-toepassing. In ‘n brief aan Mark Zuckerberg, Meta se uitvoerende hoof, sê ‘n prokureur vir Twitter die maatskappy het ernstige kommer dat Meta Platforms betrokke is by sistematiese, opsetlike en onwettige aanwending van Twitter se handelsgeheime en ander intellektuele eiendom. Die regsman Alex Spiro, sê Twitter is van voorneme om sy intellektuele eiendomsregte streng af te dwing, […]

Read More

Namibië kan vrede vier te midde van honger nie

Namibië is ‘n vreedsame land wat 56ste uit 163 lande op die ranglys van die Instituut vir Ekonomie en Vrede se jaarlikse 2023 Indeks vir Wêreldvrede geplaas is. Ysland is vir die 15de agtereenvolgende jaar bo aan die ranglys vir die vreedsaamste land in die wêreld. Kosmos 94.1 Nuus het met Nahas Angula voormalige Namibiese […]

Read More

LGBTQ: Ekandjo is terug op sy oorlogspad

Swapo-parlementslid, Jerry Ekandjo, het in die Nasionale Vergadering ‘n wetsontwerp ingedien om die woord gade in die Immigrasiewet te definieer. Hy het hierdie wetsontwerp ter tafel gelê na aanleiding van die hooggeregshof se uitspraak om selfdegeslaghuwelike wat buite Namibië verbind is, te erken. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa ondersteun hom in die verband. Ekandjo is […]

Read More

Nampol reageer op ‘dronk’ beampte wat probeer omkoop

Die Namibiese polisie sê al sy prosesse is in werking gestel na ‘n plasing op sosiale media oor beweerde wangedrag deur ‘n polisiebeampte blykbaar op Rundu. Die plasing maak melding van ‘n beweerde poging van omkopery deur die beampte, sowel as dronkbestuur. Hy het volgens die foto’s ‘n bier tussen sy bene vasgehou in die […]

Read More

Met besnoeiings uit Rusland en Saoedi, so lyk die olieprys vorentoe

Saoedi-Arabië gaan die verlaging in olie-produksie van een miljoen vate per dag wat hy in Junie aangekondig het tot minstens Augustus verleng, om te probeer om hardnekkige swak oliepryse op te stoot. Rusland het by die Saoedi’s aangesluit, met Moskou wat volgens die adjunk-premier Alexander Novak voorraad in Augustus met 500 000 vate sal verminder. […]

Read More

Markus Jooste ‘minnares’ vra R150 000 maandeliks uit gevriesde bates

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het ʼn aansoek deur die beweerde minnares van die voormalige hoof van Steinhoff, Markus Jooste, van die hand gewys. Berdine Odendaal het gevra 150 000 Suid-Afrikaanse rand moet elke maand uit gevriesde fondse vrygestel word. Haar bates, insluitend twee motors en vier eiendomme op die Val de Vie-landgoed in die Paarl in […]

Read More

Grootfontein-polisie behaal groot sukses met dagga-vondse

Die Namibiese polisie het groot sukses op Grootfontein gehad toe ‘n 27-jarige Namibiese vrou in hegtenis geneem is in besit van amper 11 kilogram dagga. Die mag sê sy is by Tsumkwe Wes vasgetrek na inligting van ‘n informant ontvang is. Die saak is verder gevat en later is twee mans, 44 en 39 jaar […]

Read More

EFF wil Gcaleka se Phala Phala-bevindings uitdaag

Die EFF sê hy ondersoek alle wetlike maniere om die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se bevindings oor Phala Phala uit te daag. Sy het President Cyril Ramaphosa van alle blaam onthef oor die geld wat in 2020 by sy Limpopo-plaas gesteel is. Gcaleka se verslag het bevind die African Transformation Movement se bewerings dat […]

Read More

Haïti het dringend bystand nodig – Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het Haïti besoek. Die land gaan ‘n geruime tyd gebuk onder bendegeweld, natuurlike rampe wat aardbewings insluit en algemene wetteloosheid. Die humanitêre situasie word ook as katastrofies beskryf. Guterres sê dringende bystand is nodig.

Read More

OceanGate kanselleer alle ekspedisies na inploffingramp

OceanGate, die Amerikaanse maatskappy wat die Titan-duikboot bestuur het wat tydens ‘n reis na die wrak van die Titanic ingeplof het, het alle eksplorasie- en kommersiële bedrywighede opgeskort, volgens sy webwerf. Die maatskappy het op ‘n rooi banier bo-aan sy webwerf geskryf “OceanGate het alle eksplorasie- en kommersiële bedrywighede opgeskort.” OceanGate het twee ekspedisies na […]

Read More