Swakop-begroting: So lyk die komende projekte

Die Swakopmund-munisipaliteit se begroting vir die 2023/24-boekjaar fokus op beleggings in water- en sanitasie-infrastruktuur waarvoor 40 miljoen Namibiese dollar begroot is. Dit is deel van die raad se 685 miljoen dollar algehele begroting, wat ‘n bedryfsbegroting van meer 527 miljoen dollar en ‘n kapitaalbestedings-begroting van 158 miljoen dollar insluit. Die kusdorp se skakelbeampte Linda Mupupa […]

Read More

Taakmag oor geblikte leeus kry nog ses maande

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, het ‘n verlenging van ses maande aangekondig vir die ministeriële taakspan oor die geblikte leeubedryf. Die span se tydperk is na Desember verleng. Die span se primêre doelwit is om vrywillige uittree-opsies en -roetes vir die geblikte leeubedryf uit te ken en aan te beveel. Die verlenging is gedoen om […]

Read More

Virgin Galactic: Eerste kommersiële vlug die maand

Richard Branson se ruimte-toerismemaatskappy, Virgin Galactic, sê hy sal vóór die einde van die maand sy eerste kommersiële vlug na die ruimte onderneem. Dié vlug van Galactic 01  sal ‘n wetenskaplike navorsingssending wees, met drie bemanningslede van die Italiaanse Lugmag en die Nasionale Navorsingsraad van Italië wat mikro-swaartekragnavorsing sal doen. In Mei het Virgin Orbit, […]

Read More

Boskos kan help tydens droogte

Die landbousektor kry swaar en alle bedrywe sal na verwagting vanjaar verder daal weens die droogte. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral gedurende die droë seisoen, of tye van droogte. Met die droogte wat na verwagting die grootste deel van Namibië se weiveld teen Augustus sal […]

Read More

Loononderhandelings tussen Numsa en Gautrain op dooiepunt

Loongesprekke tussen die buurland se metaalwerkersvakbond en die Gautrein-bestuur, spesifiek die Bombela Operating Company, het vasgeval. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê een van hulle bekommernisse is die voorgestelde afskaffing van personeelkaarte, wat werkers toelaat om gratis op die trein te reis. Daarbenewens beoog die maatskappy ook om die behuisingstoelaag uit te faseer. Hlubi-Majola […]

Read More

Eerste waterbeperkings in suidoos Brittanje

‘n Britse watervoorsiener, South East Water, het ‘n tydelike verbod op tuinslange en sproeiers in die suidoostelike streke van Kent en Sussex aangekondig te midde van watertekorte. Die hoë temperature en lae reënval het die stap genoodsaak. Verlede jaar het Engeland sy eerste droogte sedert 2018 beleef met temperature vir die eerste keer 40 grade […]

Read More

Amerikaanse Ope: McIlroy een hou agter Fowler, Clark

Rory McIlroy begin vandag se laaste ronde van die Amerikaanse Ope op een hou agter die gesamentlike voorlopers Rickie Fowler en Wyndham Clark. Die Noord-Ierse speler, wat die laaste van sy vier major-titels in 2014 gewen het, het ‘n een-onder 69 aangeteken om na nege-onder te beweeg. Fowler, wat sy eerste major jaag, het ‘n […]

Read More

Sanksies het nie invloed op oliemark, of prys nie

Die Brent ru-olieprys bly bestendig tussen 75 en 76 Amerikaanse dollar ‘n vat, ten spyte daarvan dat Opul produksie-besnoeiings aangekondig het met Saoedi-Arabië wat sy produksie met ‘n miljoen vate ‘n dag sal sny. Die prysimpak van Opul se aankondiging het presies ‘n dag geduur toe daal olie weer. Dit is natuurlik goeie nuus vir […]

Read More

Kaapse vloede: Twee sterf, 4 000 geraak

Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum het bevestig die vloede het nou reeds twee lewens geëis. Een persoon het verdrink terwyl hy probeer het om ‘n rivier in die Overberg-distriksmunisipaliteit oor te steek, terwyl nóg ‘n persoon in ‘n huis in Vredendal dood is. Die hoof van Rampbestuur, Colin Deiner, sê infrastruktuur, insluitend paaie, huise en strukture op […]

Read More

Dodetal in Uganda-skoolskietery steek 40 verby

Die dodetal in die aanval op die Lhubirira Sekondêre Skool in Mpondwe, in die weste van Uganda, het tot meer as 40 gestyg nadat nog liggame ontdek is. Die Ugandese polisie sê ses leerders word steeds vermis nadat hulle ontvoer is. Militantes wat met die Islamitiese Staat-terreurgroep verbind word, word daarvan beskuldig dat hulle die […]

Read More