LGBTQ: Ekandjo is terug op sy oorlogspad

Swapo-parlementslid, Jerry Ekandjo, het in die Nasionale Vergadering ‘n wetsontwerp ingedien om die woord gade in die Immigrasiewet te definieer. Hy het hierdie wetsontwerp ter tafel gelê na aanleiding van die hooggeregshof se uitspraak om selfdegeslaghuwelike wat buite Namibië verbind is, te erken. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa ondersteun hom in die verband. Ekandjo is reeds jare bekend vir sy standpunt teen homoseksualiteit, en het destyds ook, saam met stigterspresident Sam Nujoma, teen die LGBTQ-gemeenskap uitgevaar.