Grootfontein-polisie behaal groot sukses met dagga-vondse

Die Namibiese polisie het groot sukses op Grootfontein gehad toe ‘n 27-jarige Namibiese vrou in hegtenis geneem is in besit van amper 11 kilogram dagga. Die mag sê sy is by Tsumkwe Wes vasgetrek na inligting van ‘n informant ontvang is. Die saak is verder gevat en later is twee mans, 44 en 39 jaar oud, in hegtenis geneem in besit van 12,3 kilogram dagga wat hulle op pad was om by die eerste verdagte, die vrou, af te lewer. Die waarde van die dagga word op 231 000 Namibiese dollar beraam. Die verdagtes sal vandag in die hof op Grootfontein verskyn.