EFF wil Gcaleka se Phala Phala-bevindings uitdaag

Die EFF sê hy ondersoek alle wetlike maniere om die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se bevindings oor Phala Phala uit te daag. Sy het President Cyril Ramaphosa van alle blaam onthef oor die geld wat in 2020 by sy Limpopo-plaas gesteel is. Gcaleka se verslag het bevind die African Transformation Movement se bewerings dat die president die uitvoerende gesag se etiese kode oortree het, is ongegrond. Die EFF-leier, Julius Malema, sê Gcaleka se bevindings is met wesenlike foute deurspek: