Markus Jooste ‘minnares’ vra R150 000 maandeliks uit gevriesde bates

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het ʼn aansoek deur die beweerde minnares van die voormalige hoof van Steinhoff, Markus Jooste, van die hand gewys. Berdine Odendaal het gevra 150 000 Suid-Afrikaanse rand moet elke maand uit gevriesde fondse vrygestel word. Haar bates, insluitend twee motors en vier eiendomme op die Val de Vie-landgoed in die Paarl in die Boland, is deur die Reserwebank bevries. Die hofuitspraak lui getuienis dui daarop Odendaal het die bates aangekoop met 60 miljoen rand wat sy ontvang het van ʼn perdewedrenonderneming wat aan Jooste se familietrust, Mayfair Speculators, behoort. Steinhoff word ondersoek vir balansstaatbedrog.