Haïti het dringend bystand nodig – Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het Haïti besoek. Die land gaan ‘n geruime tyd gebuk onder bendegeweld, natuurlike rampe wat aardbewings insluit en algemene wetteloosheid. Die humanitêre situasie word ook as katastrofies beskryf. Guterres sê dringende bystand is nodig.