Massa-registrasie van nasionale dokumente duur voort

Die binnelandse sake ministerie is steeds tot einde Junie vanjaar besig met ‘n landwye massaregistrasie-veldtog vir nasionale dokumente. Dit sluit in registrasie van geboortesertifikate vir alle ouderdomme, duplisering van geboortesertifikate, aansoeke om identiteitsdokumente en aansoeke om duplikaat identiteitsdokumente. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, wat ‘n opdatering gee.