AU loods startegie om woestyn-vorming te bestry

Die Afrika-Unie het ‘n strategie van stapel gestuur om die woestyn-vorming van die vasteland vir die volgende tien jaar te bestry. Die Great Green Wall-veldtog het ten doel om landskappe te herstel en veerkragtige gemeenskappe in droë gebiede te skep. Die projek dek 36 Afrikalande. Estherine Lisinge-Fotabong van die Afrika-Unie se Ontwikkelingsagentskap sê die strategie is in ooreenstemming met die Paryse Ooreenkoms oor Klimaatsverandering en die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Bestryding van Klimaatsverandering.