OceanGate kanselleer alle ekspedisies na inploffingramp

OceanGate, die Amerikaanse maatskappy wat die Titan-duikboot bestuur het wat tydens ‘n reis na die wrak van die Titanic ingeplof het, het alle eksplorasie- en kommersiële bedrywighede opgeskort, volgens sy webwerf. Die maatskappy het op ‘n rooi banier bo-aan sy webwerf geskryf “OceanGate het alle eksplorasie- en kommersiële bedrywighede opgeskort.” OceanGate het twee ekspedisies na die eeu-oue Titanic-wrak in ‘n afgeleë hoek van die Noord-Atlantiese Oseaan vir Junie volgende jaar beplan, het sy webwerf gewys. Amerikaanse en Kanadese owerhede ondersoek die oorsaak van die ondersese inploffing waarin al vyf mense aan boord gesterf het en vrae laat ontstaan het oor die ongereguleerde aard van sulke ekspedisies.