Namibië kan vrede vier te midde van honger nie

Namibië is ‘n vreedsame land wat 56ste uit 163 lande op die ranglys van die Instituut vir Ekonomie en Vrede se jaarlikse 2023 Indeks vir Wêreldvrede geplaas is. Ysland is vir die 15de agtereenvolgende jaar bo aan die ranglys vir die vreedsaamste land in die wêreld. Kosmos 94.1 Nuus het met Nahas Angula voormalige Namibiese minister en ‘n veteraan van die Swapo-party gepraat vir kommentaar oor Namibië se ranglys. Angula sê dat ons nie vrede kan vier wanneer mense in die land swaarkry en honger ly nie…