Met besnoeiings uit Rusland en Saoedi, so lyk die olieprys vorentoe

Saoedi-Arabië gaan die verlaging in olie-produksie van een miljoen vate per dag wat hy in Junie aangekondig het tot minstens Augustus verleng, om te probeer om hardnekkige swak oliepryse op te stoot. Rusland het by die Saoedi’s aangesluit, met Moskou wat volgens die adjunk-premier Alexander Novak voorraad in Augustus met 500 000 vate sal verminder. Saam kan hierdie verlagings 1,5 persent van die wêreldwye voorrade beloop. Oliepryse het aanvanklik op nuus oor die verlagings gespring, maar het later vervaag. Oor die afgelope week het die kommoditeit met amper 4 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, oor sy voorspellings vir die oliepryse gepraat…