Bly positief met kolf, sê uitblinker Stubbs

Krieket: Die Protea-kolwer, Tristan Stubbs, het ʼn vinnige 41 gemoker in die Delhi Capitals se 20-lopie-sege oor die Rajasthan Royals in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rajasthan moes ʼn teiken van 222 haal, maar is tot 201 vir agt beperk. Die oorwinning hou Delhi se hoop lewendig om die uitspeelrondes te haal. Stubbs sê dis belangrik om positief te bly met die kolf.