Protea-vrouespan maak reeks gelykop

Krieket: Anneke Bosch het, met ‘n loopbaan-beste van 65 nie uit nie, die Protea-vrouespan gehelp om ‘n oortuigende oorwinning van agt paaltjies te behaal in die tweede internasionale eendagwedstryd teen Bangladesj in Potchefstroom. Die reeks is nou gelykop met een elk en daar is een wedstryd oor. Die grondslag is gelê met vyftigtalle deur die […]

Read More

Aanlynveiligheid van jongmense moet prioriteit wees

Die stigter van MySociaLife, Dean McCoubrey, sê die maatskappy sal volhou om klem te plaas op die noodsaaklikheid van aanlyn veiligheid vir tieners en kinders in die land. MySociaLife, die voorste opvoedingsmaatskappy wat op sosiale media fokus, word erken vir sy vindingryke program oor aanlyn veiligheid vir tieners. McCoubrey sê MySociaLife, is onlangs as Suid-Afrika […]

Read More

Padveiligheid in die voorgrond met feestyd

Die polisiemag is hard aan die werk by padblokkades regoor die land met die jaarlikse feestyd-padveiligheidsveldtog. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds sê in sy jongste opdatering dat daar tussen 3 en 11 Desember reeds 73 motorongelukke met 96 beserings en nege sterftes aangemeld is. Belanghebbendes in die voorkoming van ongelukke, misdaad en motoriste-bewustheid gedurende die feestyd is by […]

Read More

Rooi See: Skepe sal nie aandoen by ons hawens nie

Transnet het bevestig geen vragskepe sal na verwagting in Suid-Afrikaanse hawens vasmeer nie, al herlei groot skeepsrederye hul vaartuie om die Kaap van Goeie Hoop. Dit volg ná rebelle-aanvalle in die Rooi See-gebied uit eensgesindheid met Gaza. Amerika het sedertdien ʼn maritieme beskermingsmag aangekondig, maar rebelle hou vol hulle sal voortgaan met aanvalle op groot […]

Read More

Hongarye en Turkye werk nie saam oor Swede se Navo-aansoek nie

Daar is geen Hongaars-Turkse ooreenkoms met betrekking tot die bekragtiging van Swede se bod vir Navo-lidmaatskap nie, aangesien dit aan die Hongaarse parlement sal wees om te besluit wanneer om hieroor te stem, het premier Viktor Orban aan ‘n nuuskonferensie vanoggend gesê. Orban sê daar is geen groot gewilligheid onder regerende party-wetgewers in Boedapest om […]

Read More

Colorado-hof se beslissing is tot Trump se voordeel – Barr

Oud-Trump bondgenoot en voormalige prokureur-generaal in die VSA, William Barr, sê die hooggeregshof in Colorado het fouteer deur Trump van die deelstaat se stembrief te verwyder. Die hof het vroeër die week die beslissing gemaak as gevolg van die gebeure op 6 Januarie 2021. Trump het gesê hy sal appelleer. Intussen sê Barr die beslissing […]

Read More

Amushelelo veroorsaak chaos by Rani op Oshakati

Daar was weer drama by die Rani Groep, vandag op Oshakati. Michael Amushelelo het gepoog om saam met lede van die Namibia Economic Freedom Fighters met die uitvoerende hoof van die groep te ontmoet na 100 werkers deur die maatskappy vroeër die week afgedank is. Maar, oudergewoonte het die polisie opgedaag en chaos het oorgeneem.

Read More

Arbeidskomissaris keelvol vir nie-nakoming

Die kwessie van nie-nakoming deur sommige vakbonde en werkgewersorganisasies duur onverpoosd voort. Net twaalf uit die 47 geregistreerde vakbonde en drie uit 17 werkgewersorganisasies het hul jaarlikse opgawes by die arbeidskommissaris ingedien. Die arbeidskommissaris het in September ‘n kennisgewing uitgereik wat ‘n grasietydperk tot 30 November verskaf het. Kyllikki Sihlahla, die waarnemende arbeidskommissaris sê die […]

Read More

NamRA het kommer oor voortdurende onderverklarings

NamRA het sy diep kommer uitgespreek oor die wanvoorstelling in transito-goedere veral met waarde-bepalings. Die agentskap sê hy het onlangs ‘n operasie by die Windhoek-Okahandja-padblokkade gehou waar hy op ‘n Range Rover Sport, gewaardeer op 1 000 euro, ‘n Mercedes-Benz vragmotor met ‘n waarde van 3 750 euro, ‘n Iveco voertuig ter waarde van 2 […]

Read More

Jag dra baie by aan bewaring en inkomste

Volgens die jongste syfers in die Staat van Gemeenskapsbewaringsverslag vir 2022, is meer as 47,9 miljoen Namibiese dollar gemaak uit gesamentlike ondernemingstoerisme, 24,6 miljoen dollar uit bewaringsgebiede en 2,7 miljoen dollar uit bewaringsjag. Bewaar-areas het 317 898 kilogram wildsvleis van trofeejag ontvang, terwyl inwoners en gemeenskapsprojekte meer as 19,5 miljoen dollar se kontantvoordele gekry het. […]

Read More