Ekonoom sê buitelandse skuld moet beter bestuur word

Namibië se buitelandse skuld beloop tans 17,21 persent van die totale BBP. Dit plaas die land in die sesde plek van Afrika-lande met die minste eksterne skuld, volgens die Internasionale Monetêre Fonds. Dit is egter nie ver onder Zimbabwe nie, die land met die meeste buitelandse skuld van 20,28 persent van BBP. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Arney Tjaronda, ‘n ekonoom by Simonis Storm, oor hoe Namibië die situasie kan verbeter om meer geld te hê vir ontwikkeling, behuising, gesondheidsorg, en so meer.