Nasionale Gesondheidsversekering sal nagmerrie bring

AfriForum sê Suid-Afrikaners moet gereed wees vir ʼn gesondheidskrisis wat deur die Nasionale Gesondheidsversekering veroorsaak gaan word. Die burgerregte-organisasie het ʼn NGV-konferensie in Pretoria aangebied met talle gaste soos die ekonoom Dawie Roodt en Unity Health se uitvoerende hoof, Vernon Chorn. Roodt glo die algehele privatisering van Suid-Afrika se gesondheidsbedryf is die enigste werkbare alternatief vir die NGV. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle pleit weer by president Cyril Ramaphosa om nie die NGV-wetsontwerp as wet te bekragtig nie: