Diana se aandrok behaal rekordprys

’n Aandrok wat deur wyle prinses Diana gedra is, is vir 1,1 miljoen Amerikaanse dollar verkoop, 11 keer meer as sy skatting. Diana het die eerste keer in 1985 die swart en blou ballerina-lengte aandrok, deur ontwerper Jacques Azagury, in Florence gedra. Sy is ook ‘n jaar later op ‘n besoek aan Vancouver daarin afgeneem. […]

Read More

ANC se NUK moet oor Zuma besluit, nie KZN-leierskap nie

Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, sê oudpresident Jacob Zuma se aankondiging dat hy nie in volgende jaar se algemene verkiesing vir die ANC sal stemme werf of stem nie, dien voor die party se nasionale uitvoerende komitee en nie die provinsiale struktuur nie. Duma het homself by die provinsiale leierskap se […]

Read More

Smokkel van plante in die voorgrond met buitelander agter tralies

‘n Vermeende sleutel-plantsmokkelaar, Diana Mashiku van Tanzanië, en drie Namibiese medebeskuldigdes is in die Okondjombo Purros gebied in die Kunene-streek gearresteer in besit van 46 Adenia pechuelii-plante, oftewel olifantsvoet. Hulle sal eersdaags in die hof verskyn vir ‘n borgtogverhoor. Die omgewing-ministerie sê stroperysindikate gebruik landsburgers om Namibië se unieke plantspesies onwettig te oes. Die inwoners […]

Read More

ANC verbind tot skietstilstand in Gaza, blywende vrede

Die ANC sê hy bly daartoe verbind om voorspraak te maak vir standhoudende vrede tussen Israel en Palestina. Die regerende party het die media toegespreek na ‘n vergadering met die Verenigde Ulama Raad van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Vriende van Palestina. ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die burgerlike samelewing, en die ANC-geleide regering, het sterk standpunt […]

Read More

VSA skep mag om Rooi See te beskerm

Toenemende aanvalle deur die Iran-gebonde Jemenitiese Houthi-militante groep op skepe in die Rooi See ontwrig maritieme handel namate toonaangewende wêreldvragfirmas om die Kaap die Goeie Hoop herroeteer word om die Suez-kanaal te vermy. Die groep sê dat hulle net vaartuie wat met Israel verbind is aanval. Verskeie groot vragmaatskappye het eerder om Afrika begin vaar, […]

Read More

Fifa kondig Klub-Wêreldbeker vir ’25 aan

Die hoof van die wêreldbeheerliggaam, Gianni Infantino, het aangekondig Fifa se opgegradeerde Klub-Wêreldbeker gaan van 15 Junie tot 13 Julie 2025 in Amerika beslis word. Twee-en-dertig spanne gaan deelneem en elke land sal net toegelaat word om twee spanne in te skryf. Engeland se twee plekke sal gaan na die onlangse Kampioeneliga-wenners Chelsea en Manchester […]

Read More

Dundee Precious Metals het groot planne

Dundee Precious Metals Inc. en Osino Resources Corp. het ‘n ooreenkoms gesluit ingevolge waarvan DPM ‘n 100 persent belang verkry in Osino se Twin Hills-goudprojek in Karibib sowel as ‘n uitgebreide eksplorasieportefeulje in Namibië. DPM voorsien ‘n gemiddelde jaarlikse produksie van 175 000 onse goud oor die eerste vyf jaar, met die eerste produksie in […]

Read More

Ohlanga-riviermond, strandmeer en strand steeds gesluit

Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZuu-Natal herinner inwoners daaraan dat die Ohlanga-riviermonding, strandmeer en die nabygeleë strand steeds gesluit is. Owerhede het die riviermonding en die strand in Julie 2021 gesluit as ‘n voorsorgmaatreël na chemikalieë van die UPL landbou-bemarkingsmaatskappy se pakhuis in die rivier uitgelek en die Ohlangarivier en Umhlanga-strandmeer besoedel het. Inwoners word versoek om […]

Read More

Unicef waarsku Oos-Afrika kinders in groot gevaar

Unicef in Oos- en Suider-Afrika soek dringend befondsing van 25 miljard Namibiese dollar vir sy humanitêre hulpprogam in 2024. Langdurige droogtes en bo-normale reënval in dele van Kenia en Somalië het meer as 6,4 miljoen kinders aan wanvoeding en siektes blootgestel. Die streekdirekteur van Unicef, Etleva Kadilli, waarsku 45 miljoen kinders in die streek is […]

Read More

Lewis Hamilton kort ‘die regte motor’: Button

Motorsport: Die voormalige Formule Een-wêreldkampioen, Jenson Button, sê sy destydse spanmaat, Lewis Hamilton, moet net “die regte motor” kry om volgende seisoen weer heel voor op die wegspringrooster te staan. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat die Mercedes-jaer, Hamilton, nie ʼn Grand Prix kon wen nie en Max Verstappen 19 uit 22 wedrenne ingepalm […]

Read More