Houtskoolprodusente moet riglyne volg, en publiek moet sê as nie

Die omgewingsake-ministerie het ‘n vermindering in die aantal veldbrande landswyd aangeteken, van 1 234 in 2021 tot 930 in 2022. Ingrypings wat ingestel is om brande te bestry, sluit in die implementering van houtskoolproduksieriglyne, instandhouding en ontwikkeling van brandsnylyne, en opleiding van belanghebbendes in basiese brandbestryding. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé, bestuurder van […]

Read More

AfDB onttrek personeel uit Ethiopië

Die Afrika-ontwikkelingsbank het die onttrekking van sy internasionale personeel uit Ethiopië aangekondig ná die arrestasie en aanranding van twee werknemers deur die land se veiligheidsmagte in Oktober. Die bank veroordeel die gruwelike skending van diplomatieke immuniteit, regte en voorregte van sy Addis Abeba-gebaseerde personeel, wat onregmatig gearresteer en aangerand is. Hoewel die kantoor in Ethiopië […]

Read More

14 dood in massaskietvoorval in Praag

Veertien mense is dood na ʼn skietvoorval by ʼn universiteit in Praag in die Tsjeggiese Republiek. Minstens 24 is beseer en talle is in ʼn bedenklike toestand. Die skieter was ʼn 25-jarige geskiedenisstudent by die kunsfakulteit aan die Charles Universiteit in Praag. Hy wou blykbaar selfdood pleeg. Volgens aanvanklike berigte is die skieter se pa […]

Read More

Tafelberg sal 31-miljoenste besoeker die feestyd verwelkom

Toeriste en Suid-Afrikaners word genooi om hierdie feestyd die skoonheid en natuurwonders van Tafelberg te verken en te ontdek. Die finansiële direkteur van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy, Selma Hercules, verwelkom vakansiegangers by een van die buurland se Nuwe7Natuurwonders, met die klem op die maklike en veilige toegang tot die kruin van die berg. Die span verwag om […]

Read More

Vyf vermeende kripto-swendelaars kry borg

Vyf van die verdagtes in ‘n beweerde kripto-geldeenheid slenter, wat op 3 Oktober in hegtenis geneem is, is borgtog van 20 000 Namibiese dollar elk in die Windhoekse landdroshof toegestaan. Die borgtogaansoeke van nog nege beskuldigdes is van die hand gewys. Die verdagtes staar gesamentlik 203 aanklagte in die gesig, insluitend 98 aanklagte van mensehandel, […]

Read More

Behuisingsituasie in Oshana-streek ‘van die beste’

Die Nasionale Behuisingsonderneming het tot dusver 144 huise ter waarde van 59,5 miljoen Namibiese dollar in die Oshana-, Oshikoto- en Omusati-streke gebou. Dit behels 70 huise in Okahao teen ‘n totale waarde van 27 miljoen dollar; 50 eenhede in Omuthiya teen 20,5 miljoen dollar en 12 miljoen dollar wat belê is in 24 huise in […]

Read More

Vervroeg verkiesing, vra SA party

Die Activists and Citizens Forum in die buurland vra die algemene verkiesing aanstaande jaar moet vervroeg word en verwerp die voorstel van uitstel deur die voormalige statistikus-generaal, Pali Lehohla. Die party voer aan uitstel is ‘n ontoereikende oplossing vir die veelvlakkige krisisse in die land. Woordvoerder Dennis Bloem sê die regering se mislukking is duidelik […]

Read More

Griekeland sluit aan by Rooi See-vlootkoalisie

Griekeland sal hom by ‘n vlootkoalisie onder leiding van die VSA aansluit om die wêreldwye skeepvaartroete van die Rooi See te beskerm teen Jemen se Houthi-rebelle. Die Griekse verdediging-minister, Nikos Dendias, het aangekondig dat ‘n Griekse vlootfregat in opdrag van die premier, Kyriakos Mitsotakis, by die taakspan sal aansluit. Hy sê as ‘n vooraanstaande skeepsvaartnasie […]

Read More

‘Gaan selfoonkontrakte met kinders aan oor porno’

Ouers word versoek om selfoonkontrakte met hulle kinders aan te gaan, aangesien ‘n onlangse studie toon meer as die helfte van kinders van nege tot 17 jaar oud het beelde van seksuele aard op hulle fone gevind. Die Disrupting Harm-opname vir 2022 deur die Suid-Afrikaanse Regshervormings-kommissie onthul kinders word op hul eie toestelle en op […]

Read More

Hier kom die groen nommerplate

Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad se voertuie gaan nuwe nommerplate kry, het die parlement aangekondig. Die voertuie sal vanaf 1 Januarie groen nommerplate dra met die afkortings ‘LNA’, vir Wetgewende Nasionale Vergadering, en ‘LNC’ vir Wetgewende Nasionale Raad. Die parlement sê in ‘n verklaring hierdie nommerplate maak maklike identifikasie deur die publiek moontlik. […]

Read More