Tshwane se watertoevoer wankel

Die Stad Tshwane sê hy ondervind reuse-uitdagings met watertoevoer in die omgewing van Soshanguve, met ‘n omvangryke onderbreking in Mabopane. Die burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, streekbestuur en koördinering, Themba Fosi, sê die probleem met watertoevoer spruit grootliks uit die ernstige skade wat aan pypleidings in die gebied aangerig is. Hy sê die probleem word vererger deur […]

Read More

SA ‘A’ begin stewig teen Indië ‘A’ in Potchefstroom

Krieket: ‘n Hardnekkige honderdtal deur Jean du Plessis en ‘n loopbaan-beste beurt deur Rubin Hermann het Suid-Afrika A tot 298 vir vyf gevoer op die tweede dag van die eerste vierdaagse wedstryd teen Indië A in Potchefstroom. Du Plessis het beïndruk met ʼn onoorwonne 103 en Hermann was net vyf lopies kort van sy eerste […]

Read More

LUR vra ondersoek na plaaswerkers se dood

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, vra vir ‘n volledige ondersoek na die dood van drie plaaswerkers. Die drie is dood en nog 70 mense beseer toe die Isuzu-vragmotor waarin hulle gery het gister op Occultdaleweg, naby Philadelphia in die provinsie, omgeslaan het. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Meyer sê boere en […]

Read More

Groenlig vir streekkantoor vir burgersake by Katima

Die binnelandse sake-minister, Dr. Albert Kawana, het opdrag gegee vir die bou van ‘n streekkantoor vir burgersake by Katima Mulilo in die Zambezi-streek. Die streekkantoor sal ook Immigrasie, die Namibië Korrektiewe Dienste en die Vlugtelinge-afdeling huisves. Die kantore sal ’n een-stop grensfasiliteit verskaf waar alle dienste met burgerlike sake verband sal hou. Die Streekkantoor ter […]

Read More

Voedselbanke in Gauteng loop leeg

Die DA in Gauteng sê die kwesbaarste inwoners van die provinsie, wat uitsluitlik van die departement van Maatskaplike Ontwikkeling afhanklik is vir voedsel, gaan honger ly aangesien die voorraad in die provinsiale voedselbanke opraak. ʼn Woordvoerder van die DA, Refiloe Nt’sekhe, sê na talle klagtes van kwesbare inwoners in Gauteng, het die party ’n oorsigbesoek […]

Read More

Zim-afvaardiging kyk na SA grensbestuur

Die buurland se Grensbestuursowerheid het ‘n afvaardiging van Zimbabwe verwelkom vir ‘n vier-dae-lange bilaterale besoek aan Suid-Afrika. Die vergadering se fokus is om Suid-Afrika se doeltreffende model van administrasie en gekoördineerde grensbestuur ten toon te stel. Dit volg omdat Zimbabwe besig is om wetgewing te oorweeg vir die stigting van die Zimbabwe-grens-owerheid. Die besoek het […]

Read More

Mianmar nou wêreld se top-opiumvervaardiger

Mianmar het die wêreld se voorste vervaardiger van opium geword en het Afghanistan verbygesteek vanjaar. ‘n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies sê die 95 persent afname in opiumverbouing in Afghanistan ná ’n dwelmverbod deur die Taliban in 2022, het die globale aanbod na Mianmar sien verskuif. In daardie land het politieke, maatskaplike en ekonomiese […]

Read More

Johnson sê oor staat van beskuldiging vir Biden

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers sal vandag stem oor of die ondersoek om president Joe Biden ‘n staat van beskuldiging gestel moet word of nie geformaliseer moet word of nie. Daar is vroeër berig dat daar nie genoeg bewyse van enige oortredings is nie, ook nie in sy familie se sakebelange in Oekraïne nie. Die […]

Read More

Platform vir landbou-data onder die loep

Die landbou-ministerie bied saam met die voedsel- en landbou-organisasie van die Verenigde Nasies ‘n werkswinkel oor die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap se AIMS data-insameling en data-invoer aan. ‘n Beduidende deel van die werkswinkel, wat tot Vrydag duur, sal daaraan gewy word om te verseker dat lede ‘n omvattende begrip van die AIMS-platform het en dit effektief kan […]

Read More

Zuma kan nie appelleer nie

Die Appèlhof het oudpresident Jacob Zuma se aansoek van die hand gewys om te appelleer teen die ongeldigverklaring van sy private vervolging teen staatsaanklaer Billy Downer en joernalis Karyn Maughan. Die voormalige president wil privaat vervolg en beweer hulle het die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag oortree. Regter Nathan Ponnan het beslis die feite toon […]

Read More