Amushelelo veroorsaak chaos by Rani op Oshakati

Daar was weer drama by die Rani Groep, vandag op Oshakati. Michael Amushelelo het gepoog om saam met lede van die Namibia Economic Freedom Fighters met die uitvoerende hoof van die groep te ontmoet na 100 werkers deur die maatskappy vroeër die week afgedank is. Maar, oudergewoonte het die polisie opgedaag en chaos het oorgeneem.