Impak van Shell se onttrekking uit SA op Namibië onbekend

Die impak van Shell se besluit om sy meerderheid-aandeelhouding te onttrek aan die Suid-Afrikaanse stroomaf-eenheid na ‘n volledige hersiening van sy globale besighede op Namibië, is tot op hede onbekend. Die stap om die stroomaf-portefeulje te herskep sal die maatskappy laat afsien van sy aandeelhouding in Shell Downstream SA. Die eenheid is gevorm nadat Shell Suid-Afrika en die swartbemagtigingsmaatskappy, Thebe Investment Corporation, ‘n dekade gelede ingestem het om Shell Suid-Afrika Bemarking en Shell Suid-Afrika Raffinaderye saam te smelt. Vivo Energy Namibia sê hy behoort teen volgende week uitsluitsel in die verband te hê.