Colorado-hof se beslissing is tot Trump se voordeel – Barr

Oud-Trump bondgenoot en voormalige prokureur-generaal in die VSA, William Barr, sê die hooggeregshof in Colorado het fouteer deur Trump van die deelstaat se stembrief te verwyder. Die hof het vroeër die week die beslissing gemaak as gevolg van die gebeure op 6 Januarie 2021. Trump het gesê hy sal appelleer. Intussen sê Barr die beslissing sal tot Trump se voordeel wees.