Protea-vrouespan maak reeks gelykop

Krieket: Anneke Bosch het, met ‘n loopbaan-beste van 65 nie uit nie, die Protea-vrouespan gehelp om ‘n oortuigende oorwinning van agt paaltjies te behaal in die tweede internasionale eendagwedstryd teen Bangladesj in Potchefstroom. Die reeks is nou gelykop met een elk en daar is een wedstryd oor. Die grondslag is gelê met vyftigtalle deur die aanvangskolwers, Tazmin Brits en kaptein Laura Wolvaardt. Bosch is aangewys as die Speler van die Wedstryd nadat sy die tuisspan na ‘n oorwinning gelei het met 29 balle oor. Bangladesj het 222 vir vier aangeteken, met ‘n honderdtal deur Fargana Hoque.