NamRA het kommer oor voortdurende onderverklarings

NamRA het sy diep kommer uitgespreek oor die wanvoorstelling in transito-goedere veral met waarde-bepalings. Die agentskap sê hy het onlangs ‘n operasie by die Windhoek-Okahandja-padblokkade gehou waar hy op ‘n Range Rover Sport, gewaardeer op 1 000 euro, ‘n Mercedes-Benz vragmotor met ‘n waarde van 3 750 euro, ‘n Iveco voertuig ter waarde van 2 500 euro, en 56 bale tweedehandse klere wat op 100 euro gewaardeer is, afgekom. Dit dui op ‘n verontagsaming van behoorlike prosedures met betrekking tot pakhuise en beweging in transito-goedere aan. Die goedere is geskut en boetes is gehef op die klaringsagente. Rolspelers word weer gewaarsku.