Baster-gemeenskap uitgenooi na Sam !Khubis-herdenking vanaand

Die Baster-gemeenskap herdenk vandag en môre die 109ste herdenking van die slagting van Sam !Khubis. Duitse magte het op 8 Mei 1915 die Basters aangeval en hulle het na Sam !Khubis gevlug en daar tot op die einde baklei. Vanmiddag om vyf-uur begin die byeenkoms by die monument met die Fees Vlam wat aangesteek sal word. Die herdenking gaan môre voort op die terrein met ‘n kranslegging en die aflê van die gelofte. Kosmos 94.1 Nuus het met Henzel Feris gepraat van die Sam !Khubis reëlingskomitee wat meer inligting het oor vanaand se verrigtinge.