Arbeidskomissaris keelvol vir nie-nakoming

Die kwessie van nie-nakoming deur sommige vakbonde en werkgewersorganisasies duur onverpoosd voort. Net twaalf uit die 47 geregistreerde vakbonde en drie uit 17 werkgewersorganisasies het hul jaarlikse opgawes by die arbeidskommissaris ingedien. Die arbeidskommissaris het in September ‘n kennisgewing uitgereik wat ‘n grasietydperk tot 30 November verskaf het. Kyllikki Sihlahla, die waarnemende arbeidskommissaris sê die versuim om jaarlikse opgawes in te dien, sal gevolge hê.