Hongarye en Turkye werk nie saam oor Swede se Navo-aansoek nie

Daar is geen Hongaars-Turkse ooreenkoms met betrekking tot die bekragtiging van Swede se bod vir Navo-lidmaatskap nie, aangesien dit aan die Hongaarse parlement sal wees om te besluit wanneer om hieroor te stem, het premier Viktor Orban aan ‘n nuuskonferensie vanoggend gesê. Orban sê daar is geen groot gewilligheid onder regerende party-wetgewers in Boedapest om Swede se bod goed te keur nie. Swede se aansoek is teruggehou deur Turkye en Hongarye se weiering om dit te ondersteun.