Jag dra baie by aan bewaring en inkomste

Volgens die jongste syfers in die Staat van Gemeenskapsbewaringsverslag vir 2022, is meer as 47,9 miljoen Namibiese dollar gemaak uit gesamentlike ondernemingstoerisme, 24,6 miljoen dollar uit bewaringsgebiede en 2,7 miljoen dollar uit bewaringsjag. Bewaar-areas het 317 898 kilogram wildsvleis van trofeejag ontvang, terwyl inwoners en gemeenskapsprojekte meer as 19,5 miljoen dollar se kontantvoordele gekry het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jofie Lamprecht, stigter van die Jagkonsessievereniging van Namibië, gesels oor die inkomste wat jag genereer.

Lamprecht sit ook die vereistes uiteen waaraan jagters moet voldoen voordat hulle ’n geweer kan opneem om te jag.