Vyf vermeende kripto-swendelaars kry borg

Vyf van die verdagtes in ‘n beweerde kripto-geldeenheid slenter, wat op 3 Oktober in hegtenis geneem is, is borgtog van 20 000 Namibiese dollar elk in die Windhoekse landdroshof toegestaan. Die borgtogaansoeke van nog nege beskuldigdes is van die hand gewys. Die verdagtes staar gesamentlik 203 aanklagte in die gesig, insluitend 98 aanklagte van mensehandel, die gebruik van die dienste van hul jong Namibiese slagoffers vir bedrog van 9 miljoen dollar, geldwassery en versuim om belasting te betaal. Die vrygelate verdagtes moet elke Maandag, Woensdag en Vrydag by die Windhoek Polisiestasie rapporteer. Hul moes hul paspoorte inlewer en moet skriftelike toestemming kry voordat hulle Windhoek kan verlaat.