Houtskoolprodusente moet riglyne volg, en publiek moet sê as nie

Die omgewingsake-ministerie het ‘n vermindering in die aantal veldbrande landswyd aangeteken, van 1 234 in 2021 tot 930 in 2022. Ingrypings wat ingestel is om brande te bestry, sluit in die implementering van houtskoolproduksieriglyne, instandhouding en ontwikkeling van brandsnylyne, en opleiding van belanghebbendes in basiese brandbestryding. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé, bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, gesels wat sê houtskoolprodusente volg die reëls, maar as die publiek mense teëkom wat dit nie doen nie, moet hulle dit dadelik aanmeld.