Grensriviere bly laag, neem effe af

Die vlak van al die land se grensriviere het effe gesak, behalwe die Zambezirivier by Katima Mulilo wat vanoggend op 1,60m gemeet is, dieselfde as gister. Die Okavangorivier by Rundu het effens gesak van 5,51m tot 5,50m. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 269,50 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede-Oranjerivier het afgeneem tot onderskeidelik 0,52m en 0,54m.