Dupont gretig om Kampioenebeker met Toulouse te wen

Rugby: Die twee suksesvolste spanne in Europese klubrugby meet op 25 Mei in Londen kragte in die eindstryd van die Kampioenebekerkompetisie. Die Ierse span, Leinster, is deur na hulle agste eindstryd en gaan probeer om die rekord te ewenaar deur hulle vyfde Europese trofee te wen. Die Franse reus, Toulouse, wil hulle rekord tot ses opstoot. Hulle sterspeler, Antoine Dupont, sê hulle is gretig om as die beste in Europa gekroon te word.