Twee vroue in hof in verband met Christof Fredericks-moord

Die twee vroue wat in Windhoek in hegtenis geneem is in verband met die gru-moord op Christof Fredericks in Otjomuise verlede week, het hul eerste verskyning in die Windhoek-landdroshof gemaak. Die 21-jarige Joslin Banysen en Tashiya Oliva, 23, staan tereg op ‘n aanklag van regsverydeling. Hulle het na bewering die twee beskuldigdes in die moordsaak se klere na die aanval verbrand, in ‘n poging om bewyse te vernietig. Die aanklaer het gevra dat geen borgtog toegestaan word nie, met verwysing na moontlike inmenging met getuies en die erns van die klag. Die landdros het die saak uitgestel tot 31 Julie vir verdere ondersoek.