DA in Vrystaat bekommerd oor regering wat nie plaasmoorde bekamp

Die DA in die Vrystaat sê die nasionale regering se versuim om plaasmoorde te bekamp kan nie net gewyt word aan maatskaplik-ekonomiese faktore nie. Die party se reaksie volg op die moord op ‘n bejaarde boer en sy vrou op die plaas Rietfontein by Glen naby Bloemfontein. Die voorval volg op ‘n onlangse plaasaanval in Ladybrand. Roy Jankielsohn van die DA sê die kommerwekkende toename in geweldsmisdaad regdeur die provinsie kan toegeskryf word aan die swak prestasie van ANC-beleid oor wetstoepassing.