Amerikaanse skrywer skend Tolkien-kopiereg

Die skrywer van ʼn ongemagtigde opvolg op Lord Of The Rings is opdrag gegee om alle fisiese en elektroniese kopieë te vernietig en meer as 2,3 miljoen Namibiese dollar aan regskoste te betaal. Die skrywer van die oorspronklike boeke, JRR Tolkien, se boedel het die Amerikaanse skrywer Demetrious Polychron vir kopiereg-skending gedagvaar. Polychron het vroeër beweer Amazon se TV-reeks, The Rings Of Power, maak inbreuk op sy eie boek, The Fellowship Of The King. ʼn Amerikaanse distrikshof het sy saak uitgegooi. ʼn Permanente verbod is nou toegestaan en Polychron mag verder geen boeke skryf wat op Tolkien se werk gebaseer is nie.