Tweede veediefstalsaak aangemeld

Nog ‘n saak van veediefstal is deur die polisie aangemeld, die keer ook Dinsdag, maar op Hochfeld naby Okahandja. Die mag sê 14 skaap en twee bokke is gesteel, doodgemaak en hulle binnegoed verwyder. Die diere is naby die plaashuis gesteel en die karkasse net buite die stuk grond aangehou. Drie veediewe is gespoor tot by die Hochveld Okondjatu aansluiting. Al die karkasse is teruggevind en die polisie se ondersoek duur voort.