Bouplanne vir kommersiële eiendomme vertoon power

Drie kommersiële en industriële bouplanne is in November in Windhoek goedgekeur. IJG Sekuriteite sê die waarde van die planne is 3,9 miljoen Namibiese dollar. Die makelaarsfirma se ontleding toon dat bouplanne in die kategorie sedert Januarie op 51 staan ter waarde van 325,3 miljoen dollar. Dit is 5,6 persent laer vergeleke met 2022. IJG sê die jaar 2023, met die weglating van hangende Desember-data, is baie gedemp in verband met konstruksie-aktiwiteit in die hoofstad. Selfs voor aanpassing vir inflasie, is die waarde van goedkeurings op ‘n jaar-tot-datum basis – teen 1,41 miljard dollar – is min of meer in ooreenstemming met syfers wat laas in 2010 en 2011 gesien is.