Dakar-voorbereiding vind in Namibië plaas

Die 46ste uitgawe van die Dakar-tydren en die vyfde uitgawe wat in Saoedi-Arabië gehou word, bied aan mededingers ‘n nuwe roete vir die byeenkoms wat van 5 tot 19 Januarie aangebied word. Die 12 fases sal 7 974 kilometer beslaan wat die koninkryk se vele terreine deurkruis, met 60 persent van die roete wat nuwe […]

Read More

Eerste minister se kantoor weerlê fondse-bewerings

Die kantoor van die eerste minister gee in ‘n verklaring die versekering dat geen droogtefondse aangewend is vir opknapping nie, en dat 260 miljoen Namibiese dollar wat in die rampfonds ontvang is volledig verantwoord en die gebruik daarvan ge-oudit is. Dit kom na berigte in ‘n plaaslike dagblad wat beweer het dat 30 miljoen dollar […]

Read More

Oud-KZN streekhof president in hof oor korrupsie

Die geskorste president van die KwaZulu-Natalse streekhof, Eric Nzimande, is aangekla op vyf klagte van die oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Bedrywighede. Hy het in die landdroshof in Durban verskyn op aanklagte wat spruit uit bewerings oor omkoopgeld ter waarde van 230 000 Suid-Afrikaanse rand wat hy ontvang het […]

Read More

Israel-Hamas ooreenkoms ‘moet dadelik voortgaan’

Frankryk sê ‘n ooreenkoms tussen Israel en Hamas oor die vrylating van 50 gyselaars in ruil vir ‘n humanitêre wapenstilstand moet sonder verdere vertragings voortgaan. Parys dring ook aan op die onmiddellike vrylating van alle gyselaars. ‘n Woordvoerder van die Franse ministerie van buitelandse sake sê die land vra dat die bepalings van die ooreenkoms […]

Read More

Veterane gaan na Afrikabeker-toernooi

Die veterane krieketvereniging van Namibië se eerste Bo-40 span sal vanaf Sondag tot 1 Desember aan die eerste Bo-40 Afrikabeker-toernooi in Pretoria deelneem. Nicolaas Buys sal die span aanvoer wat bestaan uit dertien spelers van 40 jaar en ouer, wat steeds klubkrieket in Namibië en Suid-Afrika speel. Die span word afgerig deur Norbet Manyande, wat […]

Read More

Judges Matter tevrede met regters se verwydering

Judges Matter is tevrede met die aanbeveling van die Parlementêre portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste oor die verwydering van die geskorste regter-president van die Wes-Kaap, John Hlophe, en die afgetrede Gautengse regter, Nkola Motata. Albei regters is aan growwe wangedrag skuldig bevind. Hlophe word daarvan beskuldig dat hy probeer het om regters van die […]

Read More

BBP-groei stadiger in 2023 en 2024: ekonoom

Die groei van Namibië se bruto binnelandse produk sal na verwagting verlangsaam tot 3,3 persent vanjaar en 2,8 persent volgende jaar, van 4,6 persent in 2022, hoofsaaklik as gevolg van die droë weerstoestande wat vererger sal word deur ‘n afname in verbruik. Dit is volgens FNB Namibië ekonoom Ruusa Nandago, wat in haar kwartaallikse ekonomiese […]

Read More

SA Reserwebank hou koerse onveranderd

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag die globale ekonomiese groei sal vanjaar bestendig bly, met ‘n marginale daling volgende jaar. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het aangekondig die Monetêre Beleidskomitee het besluit om koerse onveranderd te hou, wat beteken die repokoers bly op 8,25 persent en die prima uitleenkoers op 11,75 persent. Hy beklemtoon monetêre […]

Read More

Ontploffing op VSA-Kanada grens ‘nie terrorisme’

’n Egpaar van New York is vermoedelik die twee mense wat dood is in ʼn ontploffing op die grens tussen Amerika en Kanada. ’n Motor het aan die Amerikaanse kant van die grenspos naby die Niagara-waterval gebots en ontplof, maar die FBI glo nie daar is enige verband met terrorisme nie. Ondersoekers sê die egpaar […]

Read More

Marlon Samuels vir 6 jaar geskors

Die voormalige Windies-speler, Marlon Samuels, is vir ses jaar geskors vir die oortreding van die teenkorrupsie-kode. Die Internasionale Krieketraad sê ’n onafhanklike tribunaal het die 42-jarige Samuels daaraan skuldig bevind dat hy nagelaat het om die ontvangs van ‘n geskenk, betaling, gasvryheid of ander voordeel te verklaar wat die deelnemer of die sportsoort in oneer […]

Read More