Van Deventer sterk aan in Algeriese hospitaal

Die Suid-Afrikaanse paramedikus, Gerco van Deventer, sterk aan in ʼn hospitaal in Algerië nadat hy enkele dae gelede deur Al-Kaïda vrygelaat is. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaaz Sooliman, sê sedert Van Deventer Saterdag vrygelaat is, was daar geen aanduiding wanneer hy na Suid-Afrika terugkeer nie. Van Deventer is ses jaar gelede in Libië gyselaar geneem en aan die militante Al-Kaïda-groep verkoop. Van Deventer se vrou, Shereen, sê die familie is “oorweldig” deur die nuus van sy vrylating en sal mettertyd ʼn verklaring uitreik.