GRN moet kwessie van KI aanspreek

‘n Plaaslike iOS-ontwikkelaar Audrey Chanakira sê die regering moet proaktief wees met kunsmatige intelligensie, veral met ‘n wetlike raamwerk. Dit sal toelaat dat dit eties gebruik kan word en sal ook meer bewusmaking van die tegnologie bewerkstellig. Sy sê geen regering is in ‘n posisie om die verskynsel van kunsmatige intelligensie te ignoreer nie.