Belangrik dat Rooi See-roete beveilig word

Die Verenigde State het die bekendstelling van ‘n multinasionale mag aangekondig om handel in die Rooi See te beskerm nadat aanvalle deur Jemen se Houthi-rebelle minstens ‘n dosyn skeepsrederye gedwing het om bedrywighede op te skort. Die Amerikaanse minister van verdediging, Lloyd Austin, sê dat Bahrein, Kanada, Frankryk, Italië, die Seychelle en die Verenigde Koninkryk van die lande sal wees wat by die inisiatief aansluit. Jorgen Lian, die hoof van verskepingsnavorsing by DNB Markets in Noorweë sê dit is uiters belangrik dat die roete oopgestel word.