Nog sensuspersoneel kla oor betalings

Plaaslike berigte lui dat 55 inligtingstegnologie spesialiste wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap aangestel is, vies is oor vertragings in betalings wat reeds teen 30 November gemaak moes gewees het. Die groep is vir die sensus aangestel en hulle kontrakte is verleng tot 13 November. Die groep sê hulle is toe belowe hulle sal op 5 Desember betaal word en toe weer op 15 Desember maar, die datums het gekom en gegaan en geen betaling is gemaak nie. Die agentskap het met plaaslike media gepraat en sê alle betalings is teen 30 November gemaak en die wat nie wat nie betaal is nie, is as gevolg van verlore toerusting wat terugbesorg moet word of, betalingvorms wat of nie beskikbaar was nie of, nie ingedien is nie. Die agentskap sê finale betalings sal teen Vrydag gemaak word.