Partye eis ook SIM-kaart verlenging

Terwyl daar oproepe van verskeie politieke partye gedoen word om die sperdatum vir die SIM-kaart registrasieproses te verleng, hou die regering voet by stuk dat die bepaalde 31 Desember-datum staan. Telecom Namibia het ook reeds te kenne gegee dat hy nie die verlenging van die proses ondersteun nie. Die partye, wat Nudo, die IPC, PDM, RDP en die Swapo-jeugliga insluit sê die dreigement van SIM-kaart deaktivering sal nie werk nie. Daar word beaam dat die regering die sperdatum behou omdat die registrasie deel vorm van die bepalings van die Finansiële Taakmag wat die regering moet nakom om die gryslys te vermy.