Spanne in KZN ontplooi na reuse-storm

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal sê sy rampbestuurspanne het vinnig ingespring om hulp aan inwoners te verleen. Dit volg nadat ‘n vernietigende donderstorm Maandagnag groot skade in en om Dundee aangerig het. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Siboniso Mngadi, sê die storm het nagenoeg 45 minute geduur en ‘n man wat deur weerlig getref is, se lewe geëis: