Zim-banke dank ook af

Banke regoor die streek, vasteland en wêreld besnoei poste omdat elektroniese transaksies die dienste van personeel oorgeneem het. In Zimbabwe, met sy talle uitdagings, het die CBZ Bank ook aangekondig dat vrywillige afleggings op die oomblik onderhandel word. Die Zimbabwiese Ekonoom Eddie Cross sê dit verbaas hom glad nie.