Rugby-kapteins plant bome

Die Varsitybeker-kapteins het aan ‘n boomplant-seremonie deelgeneem by die Universiteit van Pretoria se Toekoms Afrika-kampus in Tshwane. Die toernooidirekteur, Xhanti-Lomisi Nesi, sê die seremonie was ‘n simbool van hoe samewerking tussen die toernooi-organiseerders en die universiteit gegroei het. Nesi sê agt van die tien spanne wat aan dié maand se toernooi deelneem, het ‘n veilige Covid-19-bioborrel as tuiste op die kampus gekry. Hy sê hierdie blink idee was ‘n wen-wen-oplossing vir almal: