Byna 700 mense in Papua Nieu-Guinee grondstorting begrawe: VN

‘n VN-amptenaar sê sowat 670 mense is onder ‘n massiewe grondstorting in Papua Nieu-Guinee begrawe. Die hoof van die Internasionale Organisasie vir Migrasie in Papua Nieu-Guinee, Serhan Aktoprak, sê die impak van die grondstorting in die afgesonderde Enga-provinsie is groter as wat voorheen geraam is. Volgens Aktoprak is meer as 150 huise begrawe. Reddingswerkers is in gevaar omdat die grond steeds skuif.